Feeling Dangerous Golf
Feeling Dangerous Golf
Private Tour

FDG Culture • S&H Cup

Snakey Reel

Amptelike Snakey reëls. Geen gimmies. Geen genade.

Feeling Dangerous Golftoer

S&H Cup – Amptelike Snakey Reëls

Hierdie is nie onderhandelbaar nie.

1

Jy drink ‘n Snakey as jy die laaste speler in jou vierbal is wat ‘n 3-putt maak oor ‘n rondte van 18 gate golf.

2

‘n 3-putt beteken dat jou bal ná jou tweede putt nog nie in die gat is nie, en jy dus minstens 3 putts nodig het om te sink; rondom gat 13 (of soos die vierbal besluit) moet alle putts gemerk word aangesien daar geen “gimmies” op hierdie toer is nie; indien jy ‘n putt vir ‘n punt mis, is jy die Snakey tensy iemand ná jou dieselfde doen, met die laaste swak putter wat uiteindelik die straf dra.

3

Die stok wat jy op die green gebruik tel as jou putter, klaar; geen verskonings soos om met ‘n sandwedge te putt en dit nie te laat tel nie.

4

Binne 20m van die green, indien jy besluit om met jou putter te speel, tel al jou houe van daar af; die vierbal moet saamstem oor die 20m afstand, en indien jy oor of kort van die green slaan en dan ‘n ander stok gebruik om terug te kom, begin jou houe nie van voor af nie; chips of houe met ander stokke binne hierdie area tel as gewone houe en het geen invloed op Snakey nie.

5

‘n Snakey bestaan uit 3 tots (25ml elk) drinkbare alkohol wat saam in een glas gegooi word sonder ys of mixers.

6

Die ander drie spelers in die vierbal kies elk een tot van enige alkohol vir die Snakey; wees kreatief maar nie ‘n P03$ nie, met die standaard gewoonlik Red Heart, Gordon’s en Richelieu tensy almal saamstem om dit te verander.

7

Jy moet die Snakey in een shot drink op instruksie van die groep, sonder rus, verskonings of “cocktail sambreeltjies”.

8

Indien daar bewyse is dat jy binne 5 minute ná die Snakey opgooi, kry jy nog een.

9

Eers 10 minute ná die Snakey mag jy begin om “Stukkie van der Merwe” te sing.

Snakey is nie ‘n straf nie, dis ‘n FDGT kultuur.

________XXXX________